
Ons gee jou binnekort 'n luitjie
Ons dra deesdae gereeld besittings by ons wat ’n arm en ‘n been kos, wat binne sekondes kan verdwyn as iemand jou sak steel of jou beroof. Omdat ons dít al te goed weet, bied ons alle-risiko versekering vir jou draagbare besittings – nie net joune nie, maar ook dié van jou inwonende gesinslede, beide binne en buite jou huis. Sommige items moet ook gespesifiseer word om seker te maak dit is vir die regte waarde verseker.
Ongelukkig kan ons nie die sentimentele waarde van jou juwele vervang nie, maar ons kan jou ten minste vergoed vir die skade en verlies daarvan.
Die inligting op jou skootrekenaar is dikwels meer werd as die rekenaar self. Dit is nou nie om die waarde van jou rekenaar te versmaai nie – hulle kan nogal op ʼn aardige bedraggie uitwerk.
Kameras is gewoonlik duurder items en daarom is dit belangrik dat jy dit spesifiseer veral as jy dit gebruik buite die huis.
Spesifiseer jou klere, brille en kontaklense om jou te dek wanneer dit verlore raak, beskadig of gesteel word.
Jou selfoon kan maklik wegraak, beskadig of gesteel word. Dis waarom jy dit onder jou Draagbare Besittingsversekering kan dek.
